Antoine de Saint-Exupéry het ‘n pragtige kinderboekie geskryf, Die Klein Prinsie. Dit is in 190 tale vertaal en daarvan is meer as 80 miljoen kopieë verkoop. Dit het oor die jare een van die gewildste boeke ooit geword.

Saint-Exupéry was ‘n mistikus wat in essensie ‘n kinderboekie geskryf het vir volwassenes, as ‘n volwasse fabel, om volwassenes te help om die dieper betekenis van die lewe te herontdek. Hy’t besef dat die enigste manier om mense weer by diepte, waarheid, skoonheid en wysheid te bring is om met hulle te praat deur ‘n kinderstorie … “Grown-ups never understand anything for themselves, and it is tiresome for children to be always and forever explaining things to them.”

Sy beroemdste uitspraak is dié van die jakkals wat vir die prinsie sê: “‘n Mens sien net met die hart helder. Dit wat werklik saak maak is onsigbaar vir die oë.”

Kom ons ontdek saam hierdie ryk, eenvoudige en diep spirituele verhaal. Die storie begin met: “Vanaf die ster waar hy moes sorg vir drie vulkane en een roos, vind die klein prinsie sy weg na die aarde toe. Hier vind hy duisende rose in mense se tuine. “Die mense hier waar jy lewe,” sê die klein prinsie vir sy vlieënier vriend, “het sommer vyfduisend rose in een tuin… en tóg vind hulle nie waarna hulle soek nie… En dít waarna hulle soek kan gevind word in ‘n een, enkele roos…'”

Saint-Exupéry se oplossing: Keer terug na eenvoud (dit bring skoonheid en die wonder van lewe terug) … een “roos” op ‘n slag.

“And now here is my secret, a very simple secret: it is only with the heart that one can see rightly, what is essential is invisible to the eye.”

Gaan kyk gerus die aanbieding by https://youtu.be/XRTVJJAyo-w