Min dinge in jou lewe is nie ‘n spieël nie.

Dinge, plekke, mense en gebeure wat ‘n terugbeeld van jou eie motiewe, gesindheid en ware ingesteldheid is. Baie keer word jy selfs bewus van die feit dat daar twee van jou is, die ware Self, en die valse self jou masker, jou storie, jou behoefte na erkenning en selfgelding. Jou ego.

Eckhardt Tolle sal hierby voeg: “The false self or as Carl Jung calls it your “persona” and Freud calls the “ego”. This, however, is not who you really are. The ego or false self is your self-image; it is your social mask or better said, it is the role you are playing. This false self or social mask thrives on approval; it wants to control people and situations. Your true Self, which is your spirit, your soul, is completely free of these things. It feels beneath no one and it doesn’t need to be validated by anyone. And yet, it is also humble but feels superior to no one.”

Om dus te besef jy sien jouself in alles raak is om jou ware beeld in die spieël van die lewe te sien. Ontbloot van voorgee, maskers en leuens. Sekerlik wat Carl Jung ook probeer sê het met: “Everything that irritates us about others can lead us to a better understanding of ourselves.” En wat jy daar sien kan jou óf eerliker maak óf laat wegkyk.

Om egter weg te kyk is om te kies teen die lewe en te sterf, voordat jy sterf. Dit wat Norman Cousins verwoord het met: “Death is not the greatest loss in life. The greatest loss is what dies inside us while we live.”

Wegkyk is dus nie regtig ‘n opsie nie. Om te bly kyk is om braaf genoeg te wees om vanuit jou Ware Self te kyk na jou klein self (of ego). En om raak te sien dat jy jouself bedrieg het. Dat jy jouself mislei het en in die proses het jy vergeet wie jy is.

Vra jouself af, wie is die een wat kyk? Wie is die een wat weet dat die spieël die ego uitwys? Wie is die waarnemer?

Die antwoord is eenvoudig – jy. Jy is die een wat kyk, wat beleef, wat dink en wat is. Die Ware Jy, die Jy wat jy vergeet het omdat jy oor-geïdentifiseer het met jou ego, valse self, maskers.

Eerlikheid is om te begin leef vanuit jou “ware identiteit,” om te identifiseer met jou goddelike self en nie met jou tydelike, self-geskepte masker, drama of rol nie. Vanuit dit kan jy nooit weer jouself mislei of jouself saboteer nie, jy kan nie, want jy is dan wakker en nie meer aan die slaap nie.

En as jy nie meer vir jouself kan lieg nie, kan jy nie vir ander lieg nie, dis so eenvoudig soos dit. In een van Moeder Teresa se gesprekke met die media het sy dit as volg verwoord:
“People are often unreasonable and self-centered. Forgive them anyway. If you are kind, people may accuse you of ulterior motives. Be kind anyway. If you are honest, people may cheat you. Be honest anyway. If you find happiness, people may be jealous. Be happy anyway. The good you do today may be forgotten tomorrow. Do good anyway. Give the world the best you have, and it may never be enough. Give your best anyway. For you see, in the end, it is between you and God. IT NEVER WAS BETWEEN YOU AND THEM ANYWAY.”

Wat Moeder Teresa hier sê wys op die innerlike ingesteldheid dat alles wat jy doen, of dit vergifnis of liefde is – begin by die ware self, nie die ego self nie.
Want die ware Self is in die diepste kern van jouself altyd liefde, eerlikheid en vrede. Woede, haat, selfsug en oordeel is aangeleer, net soos die ego.

Met ander woorde indien jy sou wegkyk, sou jy in jouself nooit gelukkig kan wees nie, al behaal en verwerf jy sukses, erkenning en aansien in die wêreld. Oriah Mountain Dreamer wys in haar ‘Invitation’ iets van hierdie uit:
“Dit maak nie vir my saak, wat jy doen vir ‘n lewe nie; ek wil weet, wat maak die lewe vir jou die moeite werd. Dit maak nie vir my saak, hoe jy uiterlik lyk nie; ek wil weet, wie is jy as jy alleen is. Dit maak nie vir my saak, van waar jy kom of na waar jy gaan nie; ek wil weet, het jy al die reis na jou hart begin. Dit maak nie vir my saak, wie jy ken of wie jou ken nie; ek wil weet, ken jy jouself. Dit maak nie vir my saak, hoe geleerd jy is nie; ek wil weet, hoe maak jy sin uit dit wat jou deurmekaar maak. Dit maak nie vir my saak, waarin jy glo nie; ek wil weet, wat doen jy as jy bang is…”

Ja, vrede en vryheid is van die belangrikste gevolge van ‘n lewe vanuit jou kern, die ware self. Maar so ‘n eerlike en vry lewe kan jou ongewild maak by die oneerlikes, die wat weggekyk het en nog vanuit die ego se pynliggaam leef. (Wat ongelukkig 9 uit elke 10 mense is.)

Hoekom? Want op ‘n onbewuste vlak weet ‘n mens dadelik as jy iemand wat outentiek, eerlik en vry is ontmoet. Dit is ook ‘n spieël. Dit wys wat jy verruil het vir jou eie outentiekheid. En dat die prys altyd te hoog is.

Dit laat my dink aan die woorde van Shakespeare in sy stuk, Hamlet: “This above all: To thine own self be true, and it must follow, as the night the day, thou canst not then be false to any man.”

Want die realiteit van die saak is, dat wanneer jy jouself, jou ware self, laat skyn, jy sodoende ‘n lig vir ander word. Dit waarvan ons lees in die Thomas Evangelie (v24): “Daar is lig in die binneste van ‘n verligte mens en dit verlig die hele wêreld.”
Dit waarna Marianne Williamson so kragtig verwys met: “There is nothing enlightened about shrinking so that other people won’t feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. It’s not just in some of us; it’s in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.”
In hierdie stukkende wêreld is die enigste kans op vrede, vreugde en om weer heel te word, mense wat hulle ware self ontdek en laat skyn. Net dit sal die donkerte kan verdryf.