Wat tans in ons land en wêreldwyd aan die gang is, is nie altyd maklik om te verstaan nie. Ja, daar is baie sameswering teorieë en skinderpraatjies. Maar kom ons wees maar eerlik met mekaar, meeste van die tyd het ons geen idee wat agter die skerms van wêreld politiek en ekonomie aan die gang is nie. En alhoewel daar rondom die braaivleisvure, kombuistafels, by die werk, langs die sportvelde, in kerke en natuurlik ‘n oorvloed op sosiale media te sê is, weet min mense regtig wat aangaan.
Die woorde van Lao Tzu was nog nooit so waar soos vandag nie: “Die wat weet, praat nie en die wat praat, weet nie.”
Daarom elke keer wanneer ek die geleentheid het om met ‘n kenner op ‘n spesifieke gebied te gesels, bly ek stil en luister. So het ek nou al vele waardevolle en insiggewende kykies agter die gordyn gekry. En of dit nou gaan oor die Amerikaanse verkiesing en hoe Trump dit kon regkry om so ver te kom of dit gaan oor Sirië of studente se ‘#feesmustfall’ stryd, as jy luister eerder as praat kan jy nogal baie leer.
Presies dit wat die huidige Dalai Lama sê: “When you talk, you are only repeating what you already (think) know. But if you listen, you may learn something new.”
Een van die verduidelikings aangaande ons huidige situasie, wat ek so raak-geluister (in die geval raak-gelees) het, is waarin ons wêreld vergelyk word met ‘n storie van ‘n dorpie met net eenhonderd inwoners (ontleen van Ali Bouchniba, École polytechnique, Parys). Dit gaan soos volg: As ons vandag die wêreld se bevolking kan krimp tot ‘n dorpie van presies 100 inwoners, met al die bestaande menslike verhoudings onveranderd, dan sal die profiel van die dorpie as volg daar uitsien:
Daar woon 57 Asiërs, 21 Europeërs, 14 van die Weste en 8 van Afrika. Sewentig is nie wit nie; sewentig is nie Christene nie. 50% van die wêreld se rykdom is in die hande van slegs ses mense gekonsentreer, en vier is van die VSA afkomstig. Sewentig is nie in staat om te lees nie, 50 is honger, en 80 woon in pondokke. Slegs een beskik oor ‘n tersiêre opleiding.
Ek vind hierdie vergelyking van die moderne wêreld nogal handig as ‘n manier om te verstaan wat aan die gang is. Natuurlik sal daar in so ‘n dorpie verskillende groepe ontstaan en onderlinge verhoudings en konflikte aan die orde van die dag wees.
Presies wat in die wêreld aan die gang is! Verskillende groepe ontstaan en dit gaan gewoonlik saam met die verspreiding van rykdom en mag. Net soos in die dorpie van honderd mense, behoort die beheer, mag en invloed aan diegene met die geld.
Die met die mag, gebruik hulle kontrole oor die faktore van produksie en hulle sterker politieke en militêre mag, om beide die randstreek en die tussenstreek te domineer en uit te buit. En hier is dit belangrik om te sien wie die militêre mag in die wêreld het, byvoorbeeld, die VSA spandeer meer op sy militêre mag as die hele res van die wêreld tesame.
En dan ons, hier aan die Suidpunt van Afrika, ons is deel van ‘n groep middel-inkomste, medium ontwikkeling lande, ook bekend as die Ontwikkelende lande. Daar is 13 in Afrika, waarvan ons tans nog dominant is.
As ons die teorie op vandag se wêreld toepas dan vind ons insig in die globale mags- en gesagsverhoudinge en kan ons heelwat gebeure in die internasionale politiek beter interpreteer, byvoorbeeld hoekom die VSA Irak so gereeld binneval, hoekom Afrika arm gaan bly selfs al word elke Afrikaan ‘n vredevolle demokraat, hoekom Suid-Afrikaners groot dele van Afrika koloniseer, hoekom Iran nie toegelaat word om kernwapens te ontwikkel nie. En hoekom Amerika homself soos ‘n wrede tiran op die wêreld-arena bly gedra, iets wat nie gaan verander nie totdat China die mantel as supermoondheid oorneem.
En so speel ons koning-koning. Ons baklei met mekaar, haat mekaar en probeer heeltyd mekaar uitoorlê soos kindertjies op die skool se speelgronde. ‘n Ewigdurende rondomtalie. Dit laat my natuurlik onwillekeurig dink aan die astronoom Carl Sagan. Hy het tydens ‘n toespraak by Cornell Universiteit in New York, die foto vertoon wat NASA geneem het van die aarde, wat soos ‘n klein dowwe spikkeltjie in die sonnestelsel sit. En toe sy (nou bekende) toespraak “The Pale Blue Dot” gemaak. Hierin het hy op ‘n aangrypende wyse die dieper betekenis van hierdie dowwe stofkolletjie op die foto, wat ons ons woning noem, omskryf:
“From this distant vantage point, the Earth might not seem of any particular interest. But for us, it’s different. Consider again that dot. That’s here. That’s home. That’s us. On it everyone you love, everyone you know, everyone you ever heard of, every human being who ever was, lived out their lives. The aggregate of our joy and suffering, thousands of confident religions, ideologies, and economic doctrines, every hunter and forager, every hero and coward, every creator and destroyer of civilization, every king and peasant, every young couple in love, every mother and father, hopeful child, inventor and explorer, every teacher of morals, every corrupt politician, every ‘superstar,’ every ‘supreme leader,’ every saint and sinner in the history of our species lived there – on a mote of dust suspended in a sunbeam. The Earth is a very small stage in a vast cosmic arena. Think of the rivers of blood spilled by all those generals and emperors so that in glory and triumph they could become the momentary masters of a fraction of a dot. Think of the endless cruelties visited by the inhabitants of one corner of this pixel on the scarcely distinguishable inhabitants of some other corner. How frequent their misunderstandings, how eager they are to kill one another, how fervent their hatreds. Our posturing, our imagined self-importance, the delusion that we have some privileged position in the universe, are challenged by this point of pale light. Our planet is a lonely speck in the great enveloping cosmic dark. In our obscurity – in all this vastness – there is no hint that help will come from elsewhere to save us from ourselves. The Earth is the only world known, so far, to harbour life. There is nowhere else, at least in the near future, to which our species could migrate. Visit, yes. Settle, not yet. Like it or not, for the moment, the Earth is where we make our stand. It has been said that astronomy is a humbling and character-building experience. There is perhaps no better demonstration of the folly of human conceits than this distant image of our tiny world. To me, it underscores our responsibility to deal more kindly with one another and to preserve and cherish the pale blue dot, the only home we’ve ever known.”
Hierdie woorde van Sagan gee vir my elke keer ‘n rilling teen my ruggraat af. Veral wanneer hy sê: “…in our obscurity – in all this vastness – there is no hint that help will come from elsewhere to save us from ourselves…” Ons is verantwoordelik vir ons self. Ons is die mense wat moet uitreik na mekaar. Eerder met deernis, respek en begrip as met geweld, mag en dominering. Om werklik weer te luister na mekaar. ‘n Oop, diep en nederige luister. Dalk is dit juis die rol van die verskillende godsdienste: Om liefde, vergifnis en deernis te verkondig en te bewerk. Dit is nie net ‘n mooi idee nie, dit is lewensbelangrik. Ek sluit af met die huidige Dalai Lama se woorde hieroor: “All the major religions teach us the practice of love, compassion and forgiveness. So a genuine practitioner among these different religious traditions would not indulge in violence and bullying of other people. Now we’re in the 21st century. I think people should realize that all problems must be solved through dialogue, through talk. Use of force and violence is outdated and never solves problems. Among 7 billion human beings, everyone has the potential for good [qualities]. This is the most precious thing. If you keep affection, a sense of concern for others’ well being, that’s the ultimate source of satisfaction. That brings peace of mind. There is a Tibetan saying: ‘When things are difficult, then let yourself be happy.’ Otherwise, if happiness is relying on others or the environment or your surroundings, it’s not possible. Like an ocean, the waves always go like that but underneath, it always remains calm. So we have the ability as well. On an intellectual level, we may see things as desperate, difficult. But underneath, at the emotional level, you can keep calm.”
Recent Comments