Zuma, Guptas, korrupsie, politiek, regering gekaap, einde van demokrasie, baklei, rommelstatus en revolusie oorheers ons nuus en voed ons vrese en haat. Wat moet ons doen? Wat word van ons gevra in die tye? Wat is die regte optrede? Wie is reg en wie is verkeerd? Wel ek sal nooit probeer voorgee dat ek die antwoorde op hierdie en vele ander vrae het nie. Ek het nie. My enigste bydrae is net om weer te probeer perspektief bring. Want elkeen moet op die ou einde self besluit wat is reg of verkeerd. Self besluit wat belangrik is en watter optrede nodig is.

Niemand kan dit vir jou besluit nie, dit is jou keuse. ‘n Keuse waarvoor jy moet pa staan. Hopelik help my mymering om jou duideliker binne jou eie hart te laat kyk. En sodoende jou eie wysheid te herontdek.

So, hier gaan ons. As ek rondom my kyk sien ek dat orals baklei mense met mekaar, haat mekaar en probeer selfs heeltyd mekaar uitoorlê soos kindertjies op die skool speelgronde. ‘n Ewigdurende rondomtalie van tydelike oorwinnaars wat die verloorders word en verloorders wat tydelik oorwinnaars word. Net om weer onttroon te word. Die storie van politiek.

Dit laat my natuurlik onwillekeurig dink aan die astronoom Carl Sagan. Hy het tydens ‘n toespraak by Cornell Universiteit in New York, die foto wat NASA geneem het van die aarde, wat soos ‘n klein dowwe spikkeltjie in die sonnestelsel sit, gewys. En toe sy nou bekende toespraak “The Pale Blue Dot” gelewer.

Hierin het hy op ‘n aangrypende wyse die dieper betekenis van hierdie dowwe stofkolletjie op die foto, wat ons, ons woning noem, omskryf:

“From this distant vantage point, the Earth might not seem of any particular interest. But for us, it’s different. Consider again that dot. That’s here. That’s home. That’s us. On it everyone you love, everyone you know, everyone you ever heard of, every human being who ever was, lived out their lives. The aggregate of our joy and suffering, thousands of confident religions, ideologies, and economic doctrines, every hunter and forager, every hero and coward, every creator and destroyer of civilization, every king and peasant, every young couple in love, every mother and father, hopeful child, inventor and explorer, every teacher of morals, every corrupt politician, every “superstar,” every “supreme leader,” every saint and sinner in the history of our species lived there – on a mote of dust suspended in a sunbeam. The Earth is a very small stage in a vast cosmic arena. Think of the rivers of blood spilled by all those generals and emperors so that in glory and triumph they could become the momentary masters of a fraction of a dot. Think of the endless cruelties visited by the inhabitants of one corner of this pixel on the scarcely distinguishable inhabitants of some other corner. How frequent their misunderstandings, how eager they are to kill one another, how fervent their hatreds. Our posturings, our imagined self-importance, the delusion that we have some privileged position in the universe, are challenged by this point of pale light. Our planet is a lonely speck in the great enveloping cosmic dark. In our obscurity – in all this vastness – there is no hint that help will come from elsewhere to save us from ourselves. The Earth is the only world known, so far, to harbour life. There is nowhere else, at least in the near future, to which our species could migrate. Visit, yes. Settle, not yet. Like it or not, for the moment, the Earth is where we make our stand. It has been said that astronomy is a humbling and character-building experience. There is perhaps no better demonstration of the folly of human conceits than this distant image of our tiny world. To me, it underscores our responsibility to deal more kindly with one another and to preserve and cherish the pale blue dot, the only home we’ve ever known.”

Hierdie woorde van Sagan gee vir my elke keer soveel perspektief op ons plek in die kosmos. Veral wanneer ons besef ons leef ons hele lewe op hierdie “Pale Blue Dot,” wat maar net een van die planete van die son is.

En die son is op sy beurt ‘n ster wat ongeveer 4.7 biljoen jaar oud is. Wat deel is van die sterrestelsel wat ons die Melkweg noem en geleë is in een van die sterrestelsel se spiraalarms. Die melkweg op sy beurt bestaan uit nagenoeg 400 biljoen sterre, waarvan die meeste kleiner as die son is.

En die melkweg is weer een van meer as 100 biljoen sterrestelsels wat almal saam die 13.7 biljoen jaar oue heelal vorm.

En ons? Ons, die mense op die aarde, is enersyds eintlik maar ‘n weglaatbare klein deeltjie van die groot kosmos. En daarmee saam is ons so ‘n klein en weerlose spesie, wat maar ‘n baie kort tydjie leef.

In die Dhammavadaka word dit so gestel: “Remember always that you are just a visitor here, a traveller passing through. Your stay is but short and the moment of your departure unknown.”

Maar tog andersyds het ons ‘n groot impak op hierdie sensitiewe planeet wat ons so kort en vlugtig besoek. Ons leef, lag, huil en sterf. En indien ons nie bewustelike leef nie kan ons kort tydjie hier verby vlieg soos ‘n droom.

Daarom is dit so belangrik dat jy bewustelik moet leef. Wakker moet leef. En die oomblik wat jy bewustelik, oop en eerlik begin lewe sien jy die misterie. En is die misterie nie die eintlike wonderwerk nie? Is jou lewe, verhoudings, lag en huil nie alles ‘n wonderwerk nie? Is hierdie oomblik, ongeag droogte of vloede, nie ‘n wonderwerk nie?

Die oomblik wat jy besef dat hierdie oomblik is die misterie, die avontuur, die lewe, word jy weergebore. Hierdie keer nie as ‘n slagoffer nie maar as ‘n vry mens. En dan sal jy die woorde van die Zen-leermeester Linji (uit die Rinzai-tradisie) verstaan. “There is only ‘just this’ – and that is the meaning. ‘Just this’: whatever is in front of you. So now, go practice being present to ‘just this,’ alive and fresh to every moment.”

Die vraag is dus, wat beteken “…go practice being present to ‘just this,” vir jou? Wat vra dit van jou?

Wanneer jy jou antwoord vind op die vraag, is jou verantwoordelikheid om dit te gaan leef. Te leef met oortuiging en met wysheid.

Lao Tzu het hierdie wysheid so verwoord (dit is sy oortuiging). Tao Te Ching vers 59:

Om ‘n land goed te regeer
is niks meer doeltreffend as matigheid nie.

Die teken van ‘n Ware Wyse
is die vermoë om los te staan van haar eie idees.
Oop soos die hemele,
deurdringend soos die son,
ferm soos ‘n berg,
buigsaam soos ‘n boom in die wind.
Sonder enige eindbestemming in die oog,
maak die Ware Wyse van enigiets gebruik
wat die lewe oor haar pad bring.

Niks is onmoontlik vir so ‘n mens nie.
Want soos ‘n moeder vir haar kinders sorg,
so sorg die Ware Wyse vir diegene oor wie sy regeer.

Wees wys my kind … wees wys, leef wys en daardeur, word ‘n wyser vir ander!