Op Woensdag 21 Maart word Menseregtedag gevier. Menseregtedag hier in Suid-Afrika word onder andere ook ter nagedagtenis aan die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960, gevier. ‘n Bloedige dag waarop vele mense se reg op lewe hulle ontneem is. Om dus terug te dink aan die dag, help ons onthou hoe belangrik respek, deernis en begrip vir mekaar en ons samelewing se vredevolle voortbestaan is.
Desmond Tutu het paar jaar later in 1979 gesê: “We should all have the freedom to become fully human.” En dit het o.a. aanleiding gegee tot die eerste Menseregtedag wat in Suid-Afrika op 21 Maart 1995 ingestel is.
Menseregtedag is egter nie uniek aan net ons nie, die Verenigde Nasies (Die VN gestig ná die Tweede Wêreldoorlog op 24 Oktober 1945 in San Francisco, waarvan vandag 193 lande deel is) het Menseregtedag ingestel en dit word gewoonlik op 10 Desember in die res van die wêreld gevier.
Maar vir my staan en val ‘n konsep soos Menseregte by respek. Om verskille te kan respekteer en diversiteit te kan aanvaar is tog een van die belangrikste boustene van vrede en harmonie. Dit wat nodig is vir menseregte.
Ek besef dat om menslike gedrag te verstaan is ‘n komplekse saak, maar ek glo respek vir ander kan aangeleer word. Dit word deur waarneming en optrede geleer. Hoe ons praat oor ander mense en hoe ons ander mense hanteer is ‘n vormende krag op ons en ons kinders.
Presies dit waarna Nelson Mandela verwys het: “No one is born hating another person because of the colour of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love, for love comes more naturally to the human heart than its opposite.”
Juis daarom is dit so belangrik om op ons woorde te let. Hoe ons van onsself en ander praat. Wat ons sê van mense wat anders as ons glo, anders lyk en anders leef? Watter woorde gebruik ons wanneer ons praat oor ander rasse? En ander geslagte as jy? Wat sê ons van more? Wat sê ons van gister? Wat leer ons woorde ander?
Ek dink indien jou woorde nie respekvol, waar, vriendelik en opbouend kan wees nie, bly dan eerder stil.
So kom ons vier op hierdie Menseregtedag die vormende krag van woorde van respek. Dit bring ons so by The Four Agreements van Miguel Ruiz: “Be impeccable with your word.”
Want onthou jou woorde het krag. Dit kan mense wond of help genees. Dit kan vrede bring of oorlog. Kies jou woorde dus wys en versigtig.
Mag hierdie menseregtedag jou weer herinner aan jou verantwoordelikheid wat jy het teenoor ander en teenoor jouself om jou woorde versigtig te kies.
Hier is ‘n paar aanhalings om jou te help:
Hamza Yusuf: “Don’t ever diminish the power of words. Words move hearts and hearts move limbs.”
John Keating: “No matter what anybody tells you, words and ideas can change the world.”
Rachel Wolchin: “Be mindful when it comes to your words. A string of some that don’t mean much to you, may stick with someone else for a lifetime.”
Jalaluddin Rumi (1207-1273): “Raise your words, not your voice. It is rain that grows flowers, not thunder.”
Geniet die dag van respekvolle woorde!
Recent Comments