Die Zen leermeester Huang Po (wat ongeveer 850 gesterf het) het gedurende die Tang Dinastie groot invloed uitgeoefen met sy eenvoudige filosofie wat neergekom het op: Jy is reeds dit waarna jy soek.

“Don’t cling; don’t seek, for when asked about seeking for the Buddha Nature he answered: It’s much like riding an ox in search of the ox.”

“Os”, is ‘n algemene metafoor in Boeddhisme vir verligting, of die ware self. Daar is selfs ‘n bekende Zen storie wat vertel van ‘n boer wat op soek was na sy verlore os. Wat natuurlik ‘n metafoor is vir die mens se soeke na homself.

‘n Realiteit wat nie vreemd is vir baie mense nie. Vele mense voel hulle het in die gejaag na sukses, erkenning en oorlewing hulle self verloor. En so wanneer die leegheid hulle oorval (die ontdekking van “die os is weg!”) begin die desperate soeke na die Self (die os).

Maar soos ons weet, is meeste van dié soeke vrugteloos. Want die soeker weet nie regtig waar om te soek nie. Meeste soek hulleself in dinge, buite hulle self (in idees, ideologieë en uitgewerkte konstrukte). In die ego, verhoudings, dinge en goeters.

Maar die naarstigtelike soeke buite hulleself is soos Huang Po dit verwoord, “It’s much like riding an ox in search of the ox.” Want jy kan nie jouself verloor nie. Jy kan wel jou opgemaakte idee van self (ego) verloor.

Dit waarna ‘n ander bekende Zen meester, Dogen, verwys: “Look for Buddha outside your own mind, and Buddha becomes the devil.”

Jou ware identiteit was en is nog heeltyd teenwoordig, daarom is die eintlike plek om te soek, nooit buite nie, maar altyd binne. Dit wat Alan Watts verwoord met: “You don’t look out there for God, something in the sky, you look in you.”

Presies wat Huang Po ook in ‘n ander storie van hom illustreer: “Suppose a warrior, forgetting that he was already wearing his pearl on his forehead, were to seek for it elsewhere, he could travel the whole world without finding it. But if someone who knew what was wrong were to point it out to him, the warrior would immediately realize that the pearl had been there all the time.”

Daarom is die ontdekking van wie jy werklik is, werklik nog altyd was, ‘n innerlike ontdekkingstog.

Presies dit wat Hermann Hesse met sy bekende woorde gesê het: “I have been and still am a seeker, but I have ceased to question stars and books; I have begun to listen to the teaching my blood whispers to me.”

Hierdie soeke is ‘n reis, soms ‘n lewenslange reis na binne. Ongelukkig het min mense al begin met die reis. Want dit is veel makliker om buite jou na antwoorde te soek. Juis omdat daar so baie stemme is wat roep om jou aandag.

Dit is egter noodsaaklik vir jou lewensvreugde en vrede, dat jy stop en die volgende vraag van die Sufi, Rumi beantwoord: “And you? When will you begin that long journey into yourself?”

‘n Reis waarop jy gaan ontdek dit wat deur die Zen-leermeesters na verwys word as jou eie Boeddha-natuur. Of die gnostiese Christene se “Christus-bewussyn” binne jou.

In ander woorde, die ontdekking van jou eie goddelikheid.

Maar dit is belangrik om te besef, dat om te ontdek jy is goddelik, het niks te doen met ego-konstrukte (die valse en self-geskepte jy) nie. In teendeel, dit is juis egoloos.

Want waar ego gaan oor selfbehoud, selfbelang en selfsug, gaan die ontdekking van jou goddelikheid, oor dit wat Paulus in 1 Korintiërs 13 vers 5 beskrywe as: “…soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.” Met ander woorde, om te transformeer in liefde en deernis. Jou oorspronklike identiteit.

Dis wat dit beteken om te besef jy ry nog heeltyd die os (ware self of “original face”).

Nou maak die woorde van die skrywer T. S. Eliot vir die eerste keer sin: “We shall not cease from exploration, and the end of all our exploring will be to arrive where we started and know the place for the first time.”

Mag jy eerder vroeër as later begin met jou innerlike reis. En mag jy so gelukkig wees om wakker te word vir jou ware identiteit. En daardeur jou beperkende ego storie se houvas op jou breek. Dan sal jy verstaan wat Ramana Maharshi bedoel met: “Reality is simply the loss of ego.”