as jy stil by jou woede kan sit
onthul dit fluisterend:
my regte naam is vrees
Ons woede en haat, maak ons siek. ‘n Siekte toestand wat ongelukkig hoogs aansteeklik is.
Kyk maar net hoe vinnig haatspraak en geweld kan versprei. Letterlik soos ‘n veldbrand.
Woede is, byvoorbeeld, een van die mees destruktiewe innerlike virusse. En daarom is dit een van die grootste redes tot menslike lyding.
Ek weet nie van ‘n beter manier om hierdie siekte te beveg, as “mindfulness”-meditasie waarvan Boeddha ons die eerste geleer het nie.
Hierin leer hy ons dat die eerste stap tot genesing is om eers te kan erken jy is siek. Om bewustelik, in die hier en nou, jou emosionele siekte toestand waar te neem.
“Breathing in, I know that anger has manifested in me; breathing out, I smile towards my anger. This is not an act of suppression or of fighting. It is an act of recognizing. Once we recognize our anger, we embrace it with a lot of awareness, a lot of tenderness,” so verwoord Thich Nhat Hanh dit.
Die beste definisie vir “mindfulness”, is die van Jon Kabat-Zinn. Hoor hoe stel hy dit: “Mindfulness is the capacity of being aware of what is going on in the present moment, and it means paying attention in a particular way; on purpose, in the present moment, and nonjudgmentally.”
Daarom is die effektiefste manier tot genesing om, byvoorbeeld, woede binne jou nie te probeer beveg, ontken, of onderdruk nie. Nee, dit moet eenvoudig net erken word en met bewustheid en deernis aangeraak word.
In die praktyk beteken dit juis dat deur mindfulness-meditasie, jy jou innerlike wêreld omarm en transformeer, en nie beveg nie. Niks word teengestaan of onderdruk nie.
Stap twee is om nie jouself te veroordeel, te verdoem of te haat oor die feit dat jy jouself en dalk ander siek maak nie. Nee, om eerder te verstaan dat net liefde meer liefde kan bewerkstellig. En dat haat, vrees en veroordeling meer van dieselfde in jouself na vore sal bring.
Die weg na vrede is dus om in die eerste plek te verstaan dat vrees van binne jou oorspoel in jou uiterlike lewe, in die vorm van woede en haat. En dit besoedel alles rondom jou; familie, vriende, en werksverhoudings. Soos ‘n dodelike virus versprei dit tot almal en alles met wie jy in aanraking kom.
Bewustelike aandag is die teenmiddel want dit bring meer deernis, sagtheid en liefde in jouself na vore. En dit vloei dan uit na ander. Jy kan tog net gee en wees wat jy self het en is. Jy kan net ‘n ander vergewe, in die mate wat jy jouself vergewe het. Om dus wakker te word vir jouself, in hierdie oomblik. En sodoende ook wakker te word vir die vrees binne jou, en slegs dan kan jy dit transformeer na liefde en vergifnis. Dit begin by jou ingesteldheid teenoor jouself, wees sag met jouself, vergewe jouself en wees lief vir jouself. Dan sal die woorde van Rumi vir jou ook waar word: “Know that one day, your pain will become your cure.”
Recent Comments