As daar nou een ding is waarvan ek heilig oortuig is, is dit dat vrede binne verhoudings, gemeenskappe en in die wêreld, net ‘n moontlikheid is as mense bereid is om met mekaar te praat.
En met “mekaar”, verwys ek spesifiek na dit wat Moshe Dayan (1915-1981) van Israel bedoel het: “If you want peace, you don’t talk to your friends. You talk to your enemies.”
Dit is natuurlik op geen ander plek so nodig as tussen mense van verskillende gelowe nie. Want omdat godsdienstige oortuigings so ‘n gelaaide emosionele saak is, sukkel mense om regtig mekaar te hoor. Meestal loop enige kontak tussen verskillende godsdienste vinnig uit op konflik en baie keer selfs bloedvergieting.
Dis asof mense min tot geen begrip het vir die ryke verskeidenheid van tradisies en benaderings binne die verskeie wêreld-gelowe nie. Asof meeste mense dink hul eie manier van glo of dink is die enigste regte manier.
En dan vanuit hierdie onbeweeglike en onkundige posisie veroordeel en verketter mense mekaar sonder dat hulle anders denkendes regtig ken of verstaan.
Die oop, eerlike en respekvolle gesprek wat ek dus voorstaan, is juis gebaseer op die ontmoeting tussen medemense, in die eerste plek, en dan die etikette wat hulle saamdra. Of dit nou Christen, Moslem, Hindoe of ateïs is, maak nie soveel saak nie. Wat saak maak is dat ons mense is wat een woning deel.
Miskien as ons weer besef dat ons almal een planeet bewoon, ongeag ons oortuigings, kultuur, taal, ras, geloof of ongeloof – sal ons hopelik besef dat ons nie eintlik ‘n keuse het nie. Dit laat my natuurlik onwillekeurig dink aan een van my groot helde, astronoom Carl Sagan. Hy het vir NASA in 1990 gevra om die ruimtetuig Voyager 1, net voor dit finaal ons sonnestelsel sou verlaat, te laat omdraai om ‘n foto te neem van die kleiner wordende aarde.
Die afstand wat Voyager 1 op daardie stadium van die aarde af was, was in die omgewing van 6 miljard kilometer. Op die foto kon die aarde nog net as ‘n klein dowwe spikkeltjie gesien word (0,12 pixel in grootte.) Op 13 Oktober 1994 het Sagan tydens ‘n toespraak by Cornell Universiteit in New York, die einste foto gewys en sy nou bekende toespraak The Pale Blue Dot gelewer.
Hierna het hy ook ‘n boek geskryf met die titel, Pale Blue Dot: A Vision of the Human Future in Space. Hierin het hy op ‘n aangrypende wyse die dieper betekenis van hierdie dowwe stofkolletjie op die foto, wat ons ons woning noem, omskryf:
“From this distant vantage point, the Earth might not seem of any particular interest. But for us, it’s different. Consider again that dot. That’s here. That’s home. That’s us. On it everyone you love, everyone you know, everyone you ever heard of, every human being who ever was, lived out their lives. The aggregate of our joy and suffering, thousands of confident religions, ideologies, and economic doctrines, every hunter and forager, every hero and coward, every creator and destroyer of civilization, every king and peasant, every young couple in love, every mother and father, hopeful child, inventor and explorer, every teacher of morals, every corrupt politician, every ‘superstar,’ every ‘supreme leader,’ every saint and sinner in the history of our species lived there – on a mote of dust suspended in a sunbeam. The Earth is a very small stage in a vast cosmic arena.
“Think of the rivers of blood spilled by all those generals and emperors so that in glory and triumph they could become the momentary masters of a fraction of a dot. Think of the endless cruelties visited by the inhabitants of one corner of this pixel on the scarcely distinguishable inhabitants of some other corner. How frequent their misunderstandings, how eager they are to kill one another, how fervent their hatreds. Our posturings, our imagined self-importance, the delusion that we have some privileged position in the universe, are challenged by this point of pale light. Our planet is a lonely speck in the great enveloping cosmic dark. In our obscurity – in all this vastness – there is no hint that help will come from elsewhere to save us from ourselves.
“The Earth is the only world known, so far, to harbour life. There is nowhere else, at least in the near future, to which our species could migrate. Visit, yes. Settle, not yet. Like it or not, for the moment, the Earth is where we make our stand. It has been said that astronomy is a humbling and character-building experience. There is perhaps no better demonstration of the folly of human conceits than this distant image of our tiny world. To me, it underscores our responsibility to deal more kindly with one another and to preserve and cherish the pale blue dot, the only home we’ve ever known.”
Hierdie woorde van Sagan gee vir my elke keer ‘n rilling teen my ruggraat af. Veral wanneer hy sê: “…in our obscurity – in all this vastness – there is no hint that help will come from elsewhere to save us from ourselves…”
Ons is verantwoordelik vir onsself. Dit is ons wat met deernis, respek en begrip na mekaar moet luister. Ja, dit is ons wat moet uitreik na mekaar, as ons dit nie doen nie, gaan dit nie gebeur nie. Dit is nie net ‘n mooi idee nie, dit is ‘n noodsaaklikheid!
Want die ironie is, dit is nie ‘n onsigbare bose krag, een of ander buitenruimte-monster of natuurramp wat besig is om ons buite beheer na ons einde te laat snel nie. Nee, dit is ons! Ons is mekaar se grootste vyand, óns is die monster.
Ons is die verantwoordelike party wat stelselmatig die natuur en die omgewing vernietig, iets wat nou reeds globale afmetings aangeneem het. En ons gierigheid, oordaad, selfsug en onkunde is die hoofredes. Ons is die generasie wat moet verantwoordelikheid neem. Hier en nou. Te lank het ons weggekyk en gesê dat daar nog tyd is – die realiteit is, daar is nie.
En dit maak die gesprek tussen gelowe nog soveel meer dringend. Want ons het nodig om vir mekaar te sê dat die veroordeling, verdagmakery en haat wat tussen verskillende godsdienstiges heers, die probleem is. En dat sonder samewerking en aanvaarding daar geen ander oplossing is nie.
Miskien kan Afrika, ten spyte van al sy foute, ook die antwoord wees vir hierdie volgende noodsaaklike stap in die mensdom se ontwikkeling. Ek praat spesifiek van die filosofie van Ubuntu. Die vredes-aktivis Leymah Gbowee het die goue reël met ‘n Afrika-woord omskrywe, Ubuntu – “Ek is wat ek is omdat ons almal is.”
Ek dink die vredevolle voortbestaan van die mensdom hang af van hierdie eeue-oue wysheid. Meer as ooit tevore het ons nodig om onsself in mekaar raak te sien. Meer nog om onsself in alles om ons raak te sien, diere, plante en minerale ingesluit.
Ek wil afsluit met ‘n aanhaling van Desmond Tutu: “One of the sayings in our country is Ubuntu – the essence of being human. Ubuntu speaks particularly about the fact that you can’t exist as a human being in isolation. It speaks about our interconnectedness. We think of ourselves far too frequently as just individuals, separated from one another, whereas you are connected and what you do affects the whole world. When you do well, it spreads out; it is for the whole of humanity.”
In essensie beteken dit dus, ek is omdat jy is. En hiervoor het ons nodig, om ten spyte van ons verskillende oortuigings en gelowe, mekaar as een familie te sien. En met mekaar te begin praat, sodat ons kan begin doen…
Thich Nhat Hanh: “We are here to awaken from our illusion of separateness.”
Recent Comments