
Saam op soek na god
Meer en meer Suid-Afrikaners wat in die Christelike tradisie grootgeword het, is besig om afskeid te neem van die dogmas wat aan hulle as die absolute waarheid voorgehou is. Wat dink hierdie mense? Hoe voel hulle? Wat glo hulle? Wat word van hierrdie mense?
”Want as jy eerlik begin vrae vra dan val die hele ding soos ‘n klomp domino’s om.”
In Saam op soek na God – Soeke na ‘n eietydse spiritualiteit voer Abel Pienaar 11 – spirituele besinnende – tweegesprekke oor verskeie lewensvrae met o.a. ‘n joernalis, teoloog, student, natuurwetenskaplike en ‘n huisvrou. Hierdie gesprekke is bevrydend vir hulle wat eerlike vrae vra in hul soeke na God.
In gemaklike styl en taal word die boek ‘n tweegesprek met die leser. Die skrywer probeer nie die leser oortuig nie. Hy hied nie sy gedagtes aan as aller antwoorde nie.
Gepubliseer in 2010 deur SES

Kom ons bid – gebede vir vandag
Piet Muller
Vele gewone en diep spirituele mense is deesdae huiwerig om te bid, omdat hulle godsbegrip besig is om ’n ingrypende verandering te ondergaan, weg van die opvatting van God as ’n Persoon; ’n Hemel-Vader met wie ons ’n liefdevolle verhouding kan hê en wat gebede aanhoor – maar dit nie altyd verhoor nie! Saam met die Westerse denke en wetenskap het ons begrip van God meer abstrak begin raak. In Kom Ons Bid vertel sewe bekende skrywers hoe Christene op ander tye in die geskiedenis gebid het en wat ons daaruit kan leer. Daarin word ’n nuwe sin vir gebed vandag ontdek, dat gebed in die eerste plek die gemeenskap van die gees met God is, wat ons geestelike lewe voed – en nie ’n pleidooi om gunste en gawes nie.
’n Geestelike lewe sonder gebed moet noodwendig verskrompel en verdroog omdat daar geen gebedsdialoog is wat dit voortdurend voed nie. Daarom kan die moderne mens nog steeds Paulus se vermaning om “te bid sonder ophou” ernstig opneem.
“Om te bid is nie maklik nie. Baie mense wil nie eers daaroor praat nie, want hulle voel skuldig omdat hulle sukkel om te bid. Daarom is goeie boeke en goeie nadenke oor gebed ’n kalmerende lafenis, ’n inspirasie, ’n heroriëntasie. Kom ons bid, gebede vir vandag, is so ’n boek. Onderwerpe wat in dié boek aangespreek word, is stuwend en aktueel.”
– Ds Anton Pienaar, NG gemeente Stellastraat, Pretoria.
Gepubliseer in 2012 deur Griffel Uitgewers

God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles
George Claassen en Fritz Gaum
Die vraag of God bestaan, waar alles vandaan kom en wat die sin van ons lewe op aarde is, is so oud soos die berge. In dié boek antwoord bekende Suid-Afrikaners, twaalf gelowiges en twaalf ongelowiges, die diepste vrae van die mens se bestaan met verstommende openhartigheid.Afrikaanse meningsvormers lê hul diepste oortuigings bloot: die skrywer Antjie Krog, die teoloog Christina Landman, die digter Breyten Breytenbach, kommentator Rhoda Kadalie, skrywer Cecile Cilliers en tv-persoonlikheid Dave Pepler. Hul antwoorde verras: by van die ongelowiges is daar partykeer vonke van geloof, en by van die gelowiges skaduwees van twyfel.Die twee samestellers maak ook ’n ongewone paar: die wetenskapsjoernalis George Claassen, ’n uitgesproke ongelowige, en die oudpredikant Frits Gaum, ’n oortuigde Christen. Hul indringende vrae word reguit en roerend eerlik deur die bydraers beantwoord. Die uiteenlopende bydraes bring vars perspektiewe tot die godsdiensdebat en beloof om groot reaksie in die Afrikaanse media te ontlok.
Gepubliseer in 2012 deur Tafelberg Uitgewers

The Warrior’s Manifesto – Smile Warrior
I wake up at sunrise. There, in front of me, are the outskirts of a forest that stretches across the entire landscape. Have I slept through my own death? Why am I still here? Where is here? What is happening to me? Who is the Smile Warrior? The purpose of life is to discover the inner smile.
The meaning of life is to liberate it in others. Become part of the revolution!
In these pages the mystic and poet, Smile Warrior, will guide you to understand your own mysterious life journey, by revealing you to yourself.
Published in 2012 by Malan Media

God se oë is blou
Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie.
Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a my geloof waarmee ek grootgeword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek en te dekonstrueer. Om daarmee mede soekers en vrydenkers te help om ook op hulle eie spirituele avontuur te kan gaan.
Gepubliseer in 2014 deur Naledi Uitgewers

Die dans met God
Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander. Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skyn-lewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen. Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.
Gepubliseer in 2015 deur Naledi Uitgewers

Tao Te Ching – Boek van die Weg
Hierdie wysheidsteks is naas die Bybel die mees vertaalde geskrif ooit. Die 81 kort Chinese spreuke is reeds 500 jaar v.C. geskryf en het sedertdien die Oosterse denke ingrypend beïnvloed. Lao Tzu word beskou as die skrywer van die Tao Te Ching.
In sy diepste wese is die Tao Te Ching ‘n simboliese teks met veelvlakkige betekenislae. Elkeen kan daarin ‘n eie rigting vind en kontak maak met ‘n eie innerlike wysheid. Want in Taoïsme gaan dit veral oor hoe om ‘n diep, betekenisvolle en etiese lewe te leef.
Abel Pienaar het homself bewys as ‘n baanbreker van nuwe, skeppende religieuse denke in Afrikaans. Hierdie soepel vertaling van ‘n klassieke werk met toepaslike verduidelikings bied in hierdie tyd van ingrypende heroriëntering ‘n unieke bydrae tot sulke denke.
– Kobus Krüger
Gepubliseer in 2016 deur Malan Media

Power of Calm
So many of us would like to live our lives in a more calm and less stressful way. This book can show you how to rediscover your inner calm, and what to do to better your life, right away.
The approach to happiness outlined in this book will show you how to access a place within yourself, a powerful place of calm, where inner peace and happiness already exist.
Abel unfolds a whole new world of enlightenment which holds many surprises for modern man in search of meaning and happiness. The emphasis falls on inner peace and taking responsibility for one’s own destiny. This is a well-researched book which I highly recommend.
– Dr Ben Barnard (Clinical psychologist and author)
Abel Pienaar is well equipped to introduce us to the time-honoured practice of mind ful ness. Open this book and you might just be surprised by how cool it could be to link the practices of mindfulness and happiness to a corporate career!
– Dr Piet Muller (DPhil, author and futurist)
Published in 2017 by Malan Media

Die oorkantste oewer
Abel Pienaar en Flip Schutte
Godsdiens is ‘n vlot vir spiritualiteit. Tot nou was dit ‘n heel nuttige vlot. Maar tye het verander. Ons het nou die oorkantste oewer bereik. Die landskappe het indringend verander.
Dit plaas enorme druk op tradisionele godsdiensbeskouings van God en die lewe. In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie.
Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.
Gepubliseer in 2018 deur Graffiti Boeke

Tao van Wakker Word
Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander. Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skyn-lewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen. Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.
Gepubliseer in 2021 deur Naledi Uitgewers