Aanhalings
Die lewe word heilig daar waar mense wakker word vir dit wat is, en daar waar mense hulself toelaat om spontaan en vry te leef.
…
Die hartseer werklikheid is egter dat die meeste mense nie vry is nie. Hulle is gevangenes van hul geloof waarin hulle grootgeword het. En daarom effektief blind en doof vir enigiets anders.
…
Die mense wat maklik en gereeld lag (vir die lewe en natuurlik vir hulle self), kan werklik die ego en sy versmorende houvas op hulle psige troef.
…
Knowledge is learning. Wisdom is unlearning.
…
Life is without meaning; you bring the meaning to it.
…
Because we have forgotten that we belong to each other, we have no peace.
…
Ek glo in die Ewige van die ewig veranderende kosmos wie se naam verander soos die soekers tydelik vind en noem.
…
Ek glo dat elke vorm van lewe ‘n manifestasie van God se liggaam is en daarom wat ek aan ander doen ek inderwaarheid aan myself doen.
…
When you become you, the victim becomes the Warrior. When you are you, you see things as they are, and you find peace
…
Warriors don’t need to prove their point; those who need to prove their point are victims.
…
Spiritualiteit, volgens my, is om bewustelik sin te kan vind in die hier en nou.
…
Ware vryheid is om te leef sonder vrees vir gode wat straf of ‘n hel wat eendag wag.
…
Vryheid is in die eerste plek, vryheid van die diktatorskap van ‘Ek’ en ‘Myne’.
…
EK WIL GELUKKIG WEES! – Haal dan EK uit, dis ego. Haal WIL uit, dis begeerte, en wat oorbly is WEES.
…
Ons mag nooit ons koppe afskakel om vir ons harte plek te maak nie, want dan maak ons geloof dom, en dom geloof is bygeloof.
…
Dit wat jy nog nie emosioneel afgehandel het nie, bly by jou en beheer jou.
…
Dit is een ding om te glo jy is op die regte pad, dit is totaal ‘n ander ding om te glo net jou pad is die regte pad.
…
Godsdiens is deel van die vraag, nie deel van die antwoord.