Dr. Abel J. Pienaar

Abel Pienaar was werksaam in Renaissance van 2006 tot 2021. Hy het twee grade in Teologie (Universiteit van Pretoria) en ‘n doktorsgraad in Filosofie van Godsdiens verwerf. Hy het vir elf jaar gewerk as voltydse leraar in die Ned. Geref. Kerk in ‘n makro gemeente in Pretoria. Tydens hierdie tyd word hy verkies tot die Sinode se direkteur: Sentrum vir Spiritualiteit, ‘n posisie wat hy behou tot hy in 2006 bedank uit die NG Kerk.

Abel het gestudeer onder Thich Nhat Hanh (Zen Boeddhis, Frankryk) en ook blootstelling gehad en geleer by o.a. die huidige Dalai Lama, Fr. Thomas Keating en Prof. Kobus Krüger.

Abel was direkteur van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Hy het in verskeie tydskrifte verskyn en in radio en TV programme opgetree. Sy werke sluit heelwat artikels en boekpublikasies in. Sy eerste boek is in 2010 gepubliseer met die titel: Saam op soek na God: Soeke na ‘n eietydse spiritualiteit. Hy publiseer ook God se Oë is Blou. En in 2015 word sy derde boek Die Dans met God, by die Stellenbosch Woordfees as die beste leefstylboek van die jaar bekroon. Sy boek, Tao Te Ching, Boek van die Weg verskyn in 2016. In 2017 Power of Calm en einde 2018 ‘n medewerking met dr. Flip Schutte, Die Oorkantste oewer. Sy laaste boek, Die Tao van Wakker Word verskyn in 2021.

Abel was getroud met Zelda en is oorleef deur drie kinders en twee kleinkinders.